2 maande gelede
Vrou erg in bos verkrag
SIEK DAAD: ’n Vrou is in Somerset-Wes verkrag.FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

VERKRAG in Vrouemaand.

Dít was die lot van ’n 40-jarige vrou wat Saterdag in die vroeë oggendure so vieslik verneder is.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 03:00 in ’n beboste gebied plaasgevind.

Son het verneem dat die vrou glo saam met ’n groep vriende by ’n pub in Somerset-Wes gekuier het.

Sy het glo alleen huis toe gestap en is deur ’n onbekende man van agter aangeval.

Gevlug

Haar aanvaller het voordat hy haar verkrag het, haar aangerand deur haar in die gesig te slaan.

Hy het ná die daad gevlug.

Niemand is sover in verband met die voorval gearresteer nie.

’n Beroep word op die gemeenskap gedoen om die beboste gebied en ander swak beligte areas te vermy. Enigeen met inligting kan die polisie bel by 021 850 1300.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters