2 maande gelede
Twee hoëprofiel-moordsake is eers uitgestel
VOOR: Renaldo van Rooyen (33, links) en Tawfeeq Ebrahim (26) se verhoor moet ook eers wag.  ~ 

ZARAH Hector se moordsaak is gister weer weens vertragings met selfoon­rekords uitgestel.

Die lawyers van die twee beskuldigdes, Renaldo van Rooyen (34) en Tawfeeq Ebrahim (26), sê hulle benodig nog tyd om dié rekords te bestudeer.

Die staat voer aan die mans het Hector (33) met ’n hamer in Van Rooyen se motorhuis in Kuilsrivier doodgeslaan.

Die motief vir die moord was glo om Hector se kar, ’n BMW Z3, te verkoop.

Die opbrengs van die kar was glo vir skuld wat Hector by Van Rooyen gemaak het.

Die saak is Maandag weer in die hof.

  • Die moordverhoor waarin Jason Rohde vir die moord op sy vrou, Susan, verskyn, is ook vandag terug in die hof. Dít nadat die saak gister ná ’n vlugtige verskyning uitgestel is.

Susan se lyk is op 24 Julie 2016 in die badkamer van hul hotelkamer op die spoggerige Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch gevind.

Rohde hou vol sy vrou het selfmoord gepleeg, maar die aanklag is later na moord verander.

Die saak is gister uitgestel om die staat en Rohde se regspan kans te gee om deur die patoloog se fotoverslag te gaan voordat hy geroep word om te getuig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters