4 maande gelede
Treinbrand strand mense
brand: Dié wa het Saterdag vlam gevat. FOTO VERSKAF  ~ 

TREINE op die Strand-lyn is Saterdagmiddag gehalt nadat ’n treinwa aan die brand geslaan en uitgebrand het.

Riana Scott, ’n woordvoerder vir Metrorail, bevestig dat die brand by die Van der Stel-treinstasie in die Strand uitgebreek het.

Sy sê: “Die aanvanklike verslae dui aan dat brand deur ’n elektriese fout veroorsaak is en brandstigting word nie vermoed nie.

“Geen beserings is aangemeld nie en die brandweer het die brand geblus.”

Scott voeg by treine op die Strand-lyn is by Eersterivier beëindig.

Volgens Theo Layne, woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het die brand enkele minute ná 16:00 uit­gebreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters