6 dae gelede
‘Tokkelossies rek, krimp my vagina’
geeste: Kathlene Brinkies glo sy is gedoekom.  ~ 
geeste: Kathlene Brinkies glo sy is gedoekom.
getoor: Brinkies sê sangomas maak dat haar vagina-gat groter en dan kleiner raak.Foto’s: Jonathan Lestrade

DIE slange, geeste en tokkelossies pla haar so erg dat sy nie eens haarself meer ken nie.

Hulle vat glo aan haar skaamdele, fluister in haar ore en maak dat sy een dag mooi lyk en dan die next dag sommer soos ’n ou vrou.

Kathlene Brinkies (46) van Leonsdale in Elsiesrivier sê die toordery maak dat sy ál haar sukses en slimheid verloor. Sy vertel dit is gegee aan ander mense wat van san­gomas gebruik maak.

Volgens Brinkies het haar probleme in 2007 begin toe sy self na ’n sangoma toe gegaan het om hulp te kry.

Sy verduidelik: “Ek glo dat ek getoor word. Ek het als verloor, alles!

“My geld, my slimheid en my virginity

“Ek het in 2007 na die sangoma toegegaan en met hom geslaap en toe gaan die tokkelossie in my.

“Ek kan nie meer daai san­goma kry nie.”

Brinkies sê sy sien dinge en hoor gereeld stemme wat haar sleg laat voel.

“Die sangomas klim uit hul liggame, dan werk hulle deur die toordery.

“Hulle verander dan in slange. Daar is een wat ek sien, ’n groot swart en grys slang, en ’n swart, kleine mannetjie wat soos ’n skaduwee lyk.”

Brinkies glo sy is gedoekom, en wie ook al dit doen, probeer haar “mal maak”, omdat ­games met haar gespeel word.

“Ek voel hoe die geeste se vinger op in my stert gaan.

“Dan hoor ek hoe fluister iemand dat my vagina-gat groot is. As ek voel, dan is dit baie gerek, maar as ek weer voel, is dit klein.

“Hulle probeer my mal maak, maar ek gaan dit nie toelaat nie, want ek is nie op drugs nie. Nog minder is ek ’n psigia­triese pasiënt.”

Brinkies voeg by sy is bekeer, maar die stemme maak dat sy ’n êntjie opsteek.

“Ek rook nie eens nie, maar nou wil ek net rook.”

Sy glo ook haar familie suffer weens die toordery.

“Hulle dreig my familie en sê dat een van my niggies in gevaar is. Hulle vat ál ons rykdom.

“Ek wil net hê hulle moet stop!”

Maar die bure beweer Brinkies is verslaaf aan drugs en sê sy was al by ’n psigiatriese hospitaal ingeboek.

Tessa Louw sê alles wat Brinkies praat, is onwaar.

Brinkies se mammie stem saam en sê haar kraan is al opgedroog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters