6 maande gelede
Tiener se nerves klaar ná moerse skerpioen hom steek
 ~ 

‘n Tiener se nerves is klaar nadat ‘n skerpioen hom op sy voet gesteek het in Beacon Valley, Mitchells Plain.

Dylan Strydom het by sy ouma, Sharon Botha, in Austin Crescent gekuier toe die moerse gogga hom op sy groot en tweede toon van sy regtervoet hap.

Dylan sê hy het helse pyn ervaar. “Dit het gevoel asof ek aan die brand was, maar terselfdetyd vries. Ek was baie verwaard en bang want ek het nie geweet wat met my sou gebeur nie.”

Sharon se seun, Sherwyn Botha (28) het die tiener gehelp en die skerpioen morsdood geneuk met ‘n sloffie.

Hy is Lentegeur Hopsitaal toe gejaag waar ‘n dokter hom ondersoek en pyn medikasie gegee het.

Die jong man is oornag gehou en gesê hy moet teruggaan hospitaal toe indien hy enige naarheid of lomerigheid ervaar.

Volgens The Daily Voice kon die Departement van Gesondheid nie bevestig of die steek giftig was nie.

Dylan sê hy het steeds pyn en ‘n blaas het op sy groottoon gevorm.

Hy sê hy is bekommerd oor hy van talle gevalle gehoor het waar iemand sterf weens ‘n skerpioensteek. - dailyvoice.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters