4 dae gelede
Talle sterf naweek in bloedbad
sterf: Rafiek Mohammed (17) is doodgesteek. FotoVERSKAF  ~ 
moordtoneel: Die lyk van ’n sekuriteitswag wat Saterdagoggend doodgeskiet is word van die toneel in Lansdowne verwyder.Foto: LEON KNIPE
sterf: Rafiek Mohammed (17) is doodgesteek. FotoVERSKAF
DOOD: Mckyla Hendricks, ’n ma van ’n ses maande oue baba is Saterdagoggend in Manenberg doodgeskiet.Foto: VERSKAF

’N MA van ’n ses maande oue baba en ’n skoolseun is van die vele slagoffers wat dié naweek in die bendegeweld gesterf het.

Mckyla Hendricks (21) van Manenberg is Saterdagoggend dood nadat ’n dwaalkoeël haar in die kop getref het.

Hendricks het haar baba in haar arms gehad toe sy in die bendes se spervuur beland het.

Sy het omstreeks 08:00 by Moray Court geloop toe sy geskiet is.

In dieselfde skietvoorval is ’n 19-jarige meisie ook in haar been gewond.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is niemand nog gearresteer nie.

  • In nog ’n voorval gisteroggend in Hanover Park is Rafiek Mohammed (17), die seun van een van die polisieforumlede, doodgesteek.
Moeilikheid

Rafiek het by sy meisie se huis op die trappe gesit toe die Laughing Boys met hom moeilikheid gesoek het.

Een van die Laughing Boys het hom in die bors gesteek en hy is later in die hospitaal dood.

Die cops het die leier van die Laughing Boys se seun gearresteer.

  • In nog ’n skietvoorval Vrydagaand in Hanover Park is Dennis Abrahams (37) ook doodgeskiet.

Abrahams het in sy jaart by Athburg Walk gestaan toe hy deur vier mans genader is.

Hulle het gestry en een het hom in die kop geskiet. Hy is later dood en twee van die verdagtes is gearresteer.

  • In nog in skietvoorval gisteroggend is ’n vermeende druggie in Uitsig doodgeskiet.

Die voorval het omstreeks 05:00 in Azalea Park gebeur en die man is op die toneel dood.

  • ’n Sekuriteitswag van Sniper Security is Saterdag omstreeks 09:50 in Lansdowne doodgeskiet.

Die 44-jarige wag het in sy motor op die hoek van Rockeby- en Camberwellstraat gesit.

Iemand het aan sy motor se venster geklop en hom in die kop geskiet.

Die verdagte het weggehardloop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters