6 dae gelede
Stacha se killer bieg nou
vark: Randy Tango beken skuld aan die moord op en verkragting van Stacha Arends.  ~ 
vark: Randy Tango beken skuld aan die moord op en verkragting van Stacha Arends.
hartseer: Stacha se ma, Sandy Markgraff, het op haar man, Shanon Markgraff, se skouer gehuil toe Randy Tango erken het hy het haar kind verkrag en doodgemaak. Foto’s: Peter Abrahams
Ondersteun: Lede van die Mitchells Plain Crisis Forum bid gister voor die hof waar Randy Tango verskyn het. Shanice Apples, Rochelle Williams en Helen Arends ondersteun mekaar.

STACHA Arends was brave en het aan haar verkragter gesê sy gaan haar ma sê wat hy aan haar gedoen het.

Ongelukkig het die meisie met haar lewe geboet, maar haar killer gaan nie met sy vieslike dade weggekom nie.

Randy Tango het gister in die Kaapse hooggeregshof skuldig gepleit aan die moord op en verkragting van die 11-jarige Stacha.

Haar lewelose liggaam is op 28 Maart op ’n veld naby haar huis gevind. Sy het die vorige dag vermis geraak nadat sy by ’n vriendin se huis gekuier het.

Tango sê in sy pleitverduideliking hy het gesien Stacha gaan in die huis waar haar tjommie woon. Hy het ’n klong gestuur om vir haar te sê haar ma roep haar.

“Toe sy verbyloop, het ek haar in die huis geroep. Sy het agter my aangekom. Toe sy in die huis was, het ek die deur toegemaak.

“Sy het my gevra om haar nie seer te maak nie en het gesê sy sal enigiets doen. Toe vra ek haar of sy seks met my sal hê. Sy het ja gesê en weer gepleit dat ek haar nie seermaak nie.”

Hy het gesê hy het Stacha van voor en agter verkrag. Regdeur die verkragtings het sy by hom gepleit om te stop. Toe hy haar klaar verkrag het, het sy gesê sy gaan haar ma vertel.

“Ek het vir haar gesê ek gaan nie tronk toe daarvoor nie en het haar gewurg. Ek het haar aanhou wurg totdat sy dood is.”

Volgens Tango het hy Stacha in ’n laken toegedraai en haar lyk in ’n wheelie bin gestop. Hy het toe haar lyk op die sportveld ge-dump. Haar klere en die laken het hy op ’n ander plek weggegooi.

Hy sê sy dade het hom nogal gepla en toe mense na Stacha begin soek, het hy nie saam gesoek nie.

Stacha se ma, Sandy Markgraff, het onbedaarlik gehuil toe die pleitverduideliking in die hof uitgelees is.

Tango het ook op vier verkragtings van twee ander vroue verskyn. Hy ontken hy het die twee vroue verkrag toe hulle kinders was.

Een van die vroue wat weens die verkragtings ’n kind van hom het, het gister getuig.

Sy het gesê sy was 14 toe Tango haar en ’n vriendin na sy huis genooi het.

Hy het haar ook gewurg en aan haar gesê: “Niemand sal weet as jy nie sê nie.”

Hy het haar daarna weer verkrag. Sy het later by die G.F. Jooste-hospitaal uitgevind sy is swanger toe die polisie haar vir toetse geneem het.

’n Tenger Tango het glimlaggend na die vrou (nou 23) gestaar toe sy getuig het.

Volgens hom was hulle in ’n verhouding, al was sy minderjarig.

Hy ontken hy het die ander vrou verkrag of seks met haar gehad.

Die saak duur vandag voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters