2 maande gelede
Staat se bussie ry man op pad na masiet dood
Tragies: Mogamat-Shaheed Johnson is deur ’n staatsbussie doodgery. Foto: CHANDRE PETERSEN  ~ 

DIE polisie van Mitchells Plain ondersoek ’n saak waarin ’n jong man deur ’n staatsbussie doodgery is.

Die 29-jarige Mogamat-Shaheed Johnson is Donderdag in die vroeë oggendure doodgery terwyl hy AZ ­Berman-rylaan in die omgewing van Town Centre te voet oorgesteek het.

Johnson was op pad om in die masiet te gaan bid toe hy getref is.

’n Toyota Quantum-bussie wat aan die departement van openbare werke behoort, het hom getref.

Volgens Muneeb George, ’n familielid, was Johnson ’n stil maar vriendelike man wat nooit gebedstyd by die masiet gemis het nie.

Rashied Jacobs, ’n in­woner, sê die pad hou ’n groot gevaar in vir veral voetgangers.

“Baie mense het hul lewe op hierdie pad verloor en niks word daaraan gedoen nie. Bestuurders ry ook soos padvarke.

“Hulle gee nie om vir voetgangers nie, selfs al is die robotte rooi,” vertel ­Jacobs.

Konst. Zak Marais, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die departement van openbare werke het nie op Son se navrae geageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters