10 dae gelede
‘Staak skietery en maak vrede’
roep na God: Gemeenskaps­leiers en die inwoners bid in die straat. FOTO’S verskaf  ~ 
steun: Die verskillende ­organisasies beweeg deur die strate.
roep na God: Gemeenskaps­leiers en die inwoners bid in die straat. FOTO’S verskaf

DIE UITWISSERY van gangsters onder mekaar in Scottsdene het die gemeenskap nou moedeloos.

Verskillende organisasies het Sondag hande gevat om ’n positiewe boodskap aan die gangsters oor te dra.

Maar dié march was skaars klaar, toe klap die skote alweer. Daar is sowat 30 mense vanaf April in Scottsdene doodgeskiet.

Elvin Conradie, ’n polisieman en gemeenskapswerker, het tesame met die Watsonia Park-aksiegroep die optog gereël.

Volgens Conradie is die optog gehou om die gemeenskap se gevoelens oor die skietery te demonstreer.

Conradie sê: “Ons voel dat almal in Scottsdene en Scottsville geraak word en dit belangrik is dat ons as gemeenskap ons rol moet vervul.

“Ons wil graag vrede hê en vra dat die gangsters sal ophou met die skietery en vrede met mekaar maak.”

Conradie sê hy is by die optog ­betrokke oor hy as kind in Scottsdene grootgeword het.

Hy sê: “Ek ken mense in Scottsdene en weet dat hulle saam in vrede kan bly as hulle wil.”

Rdl. Grant Twigg het aan Son vertel hy ondersteun die optog oor hy ­gereeld ’n beroep op die gemeenskap doen om die killings hok te slaan.

Twigg sê: “Elke inwoner het ’n plig om op te staan.

“Die meerderheid van die gevalle word gepleeg deur inwoners van Scottsdene.

“Hul families moet begin uitpraat en opstaan teen die geweld.”

Conradie sê hy wou eintlik baie graag hê die polisie, metropolisie en die departement van sosiale ontwikkeling moet by die optog betrokke wees.

Volgens Conradie word al hierdie organisasies geaffekteer deur die geweld.

Hy sê: “As ons al hierdie organisasies betrokke kan kry, kan ons ontslae raak van al hierdie evil.

“Die way hoe dinge nou in die skiem gaan is bad, baie bad.

“Ons as gemeenskap moet net saamstaan en een keer sê genoeg is genoeg.”

Damian Tieties (8) van Scottsdene, wat in Oktober tydens ’n ­bakleiery tussen die polisie en die gemeenskap deur ’n skokgranaat getref is, is ook Saterdag hier ter ruste gelê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters