5 maande gelede
SRFA-groep mis die bus na hofstryd
verloor: Die gesinne van South Road, Wynberg, sal nou plek moet maak vir die Stad se beplande BRT-roete. Foto: peter abrahams  ~ 

DIE Stad Kaapstad het ’n beroep op die inwoners van South Road, Wynberg, gedoen om die appèlhof se bevinding te aanvaar.

Dit kom nadat die appèlhof die South Road Families Association (SRFA) se verlof tot appèl Maandag van die hand gewys het.

Die mayco-lid belas met vervoer en stedelike ontwikkeling, Brett Herron, sê in ’n mediaverklaring die Stad is gisteroggend van die hof se besluit verwittig.

Probleem

Volgens hom het die hof die aansoek om appèl verwerp omdat daar nie aan die “vereistes vir spesiale verlof tot appèl voldoen is nie”.

Herron sê verder hy doen ’n beroep op Kapenaars om die Stad se pogings te steun om die fase 2A-uitbreiding van die MyCiti-busdiens na die suidelike voorstede te ondersteun.

Hy voeg by dié diens sal help om die probleem van verkeersknope in die suide­like areas aan te pak.

Brett meen verder dié saak was ’n onnodige vermorsing van belastingbetalers se geld.

Die Stad het voorheen uitsettingskennisgewings aan 30 gesinne uitgereik wat daar in council-huise bly. Hulle sal plek moet maak vir die Stad Kaapstad se nuwe BRT-roete.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters