5 dae gelede
Snyman kry werk terug
jonton snyman Foto: netwerk24  ~ 

DIE Wes-Kaapse waarnemende ANC-voorsitter, Khaya Magaxa, sê hulle verwelkom die nasionale dissiplinêre komitee van appèlle (NDCA) se besluit om die Bolandse streeksekretaris, Jonton Snyman, se skorsing op te skort.

Snyman, ’n veroordeelde bedrieër, is laas maand deur die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) geskors nadat hy glo takke in die Boland probeer manipuleer het.

Deelneem

Die NDCA het bevind die PUK het nie die regte prosedure gevolg toe hy Snyman geskors het nie.

Snyman mag dus aan partysake deelneem hangend ’n verdere ondersoek.

Faiez Jacobs, Wes-Kaapse sekretaris, is beveel om al die relevante dokumente aan die NDCA te verskaf.

Hy sê: “Ons het nie ’n keuse nie – ons móét die NDCA se besluit uitvoer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters