4 dae gelede
Smokkelhuis: 2 voor vir moord
 ~ 

DIE Strand-polisie het twee mans vir die moord op Faizel Waggie (35) aangekeer.

Eugene Abrahams het Woensdag in die Strand-landdroshof verskyn in verband met die saak en Dino Paffin gister.

Die voorval het Sondagaand in Jacobsstraat in die woonbuurt Erijaville plaasgevind.

Volgens die polisie het drie mans by ’n smokkelhuis ingestap om buttons te koop.

Hulle het na willekeur begin skiet en Waggie getref.

Albei verdagtes se sake is tot Donderdag 25 Mei uitgestel.

  • Mense wat inligting het oor waar dwelms en vuurwapens gestoor word, word versoek om dadelik vir lt.kol. Franklin Plaatjies by 082 469 3359 te bel.

’n Beloning word daarvoor aangebied.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters