3 maande gelede
‘Siek ding lag op die toneel’
uitwys: Mautimer Saunders op pad na die toneel waar Courtney Pieters gevind is.  ~ Jonathan Lestrade

DIT wil voorkom of Courtney Pieters al geruime tyd deur haar vermeende moordenaar seksueel mishandel is.

’n Betroubare bron na aan die familie sê aan Son Courtney (3) se ma, Juanita, het dit aan die polisie bekend gemaak.

Volgens die bron het die ouers van Courtney nou saam met die polisie gewerk vandat haar liggaam Saterdag in Bofors-singel, Epping, gevind is.

In een van Pieters se verklarings het sy glo vir die cops gesê hoe klein Courtney eendag vir haar gesê het dat sy “Morty se p**l gesuig het”.

Sy het verwys na die beskuldigde Mautimer Saunders (40), sê die bron.

Die bron sê: “Haar ma het toe net vir haar gesê sy moenie nonsens praat nie.

gereed vir aksie: Swaar gewapende polisiebeamptes gister voor Courtney Pieters se huis.
boos: Die gemeenskap van Salberau was in rep en roer toe Courtney se vermeende moordenaar by die moordhuis aankom.
klaar gewys: Die pantservoertuig wat Mautimer Saunders vervoer het, verlaat die toneel waar Courtney gevind is.
uitwys: Mautimer Saunders op pad na die toneel waar Courtney Pieters gevind is.

“Haar ma het gedink dat sy dit weer by een van die kinders buite in die straat gehoor het.

“Sy het nie besef wat eintlik besig is om te gebeur nie.”

Gister het die ­polisie Saunders in ’n Nyala-polisievoertuig na die moordtoneel gebring.

Dis nadat hy glo ’n bekentenis af­gelê het dat hy Courtney vermoor het.

Saunders was veronderstel om uit te klim, maar is liewer binne-in die Nyala gehou.

Die polisie het gevrees die gemeenskap gaan Saunders aanval.

Hoewel daar ’n streng polisiebewaking was, het die cops liewer besluit om Saunders nie die huis in te neem nie.

Volgens een van die in­woners het Saunders ge­weier om uit te klim en die moordkamer vanuit die ­Nyala uitgewys.

’n Antie in die gemeenskap het selfs gevrees die gangsters gaan op hom losbrand en het toe met hulle gaan praat.

Die antie sê: “Toe ek met hulle gaan praat, het hulle vir my gesê: ‘Djy, Antie, wag djy.’ ”

Die cops het toe besluit om vinnig die huis te verlaat en na Bofors-singel te gaan waar haar liggaam gevind is.

Verskeie nuuskierige werkers in die area het nader gestaan om Saunders te sien.

Toe hulle Saunders uit die pantservoertuig haal en na die plek neem waar Courtney se liggaam gevind is, het hy baie kalm voorgekom.

Nadat hy klaar die toneel gaan uitwys het, het Saunders met ’n glimlag op sy gesig teruggekeer.

Dít het die mense warm onder die kraag gehad.

Een van die werkers het geskreeu: “Die vuilgat!

“Hy lag nog.

“Hy is ’n siek ding!”

Courtney se ouers was gistermiddag nog laat besig by die polisiestasie om ver­klarings af te gee.

Saunders verskyn vandag in die landdroshof in Goodwood.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters