2 maande gelede
Rowers kry albei lank tronkstraf
 ~ 

DIE Khayelitsha-streekhof het twee mans lank tronk toe gestuur weens gewapende roof.

Kapt. Lloyd Ramovha, ’n woordvoerder van die Valke, sê Thamsanqa Loli (20) en Eric Tshamlambo (33) is tronk toe gestuur met verswarende omstandighede.

Tshamlambo is 15 jaar tronk toe gepos en Loli 22 jaar.

“Hulle het op 14 Desember 2010 op die Kaapstadse Internasionale Lughawe personeel van Brazier Security oorrompel.

Ondersoek

“Hulle was besig om geld uit betaalmasjiene te haal. Die wagte is met vuurwapens gedreig en sowat R120 000 is geroof.”

Die Valke se wapeneenheid en geweldsmisdaadeenheid het die saak ondersoek.

Volgens Ramovha is ’n derde persoon, Zamile Mbedu (31), ook gearresteer, maar hy was siek en sal vandag gevonnis word.

Geleen

In ’n ander saak in die handelsmisdaadhof in Bellville is Bigboy Ndlovu (42) ses jaar tronk toe gestuur weens bedrog, vervalsing en geldwassery.

“Die Valke se handelsmisdaadeenheid het Ndlovu in 2013 gearresteer.

“Hy is verbind met minstens sewe sake van identiteitsdiefstal en vervalsing.

“Hy het vervalste dokumente aan takke van Capitec gegee en so geld geleen. Die bank het omtrent R86 000 verloor,” het Ramovha gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters