4 dae gelede
‘Ponzi-man’ uit op bail
Lloyd RamovhaFOTO VERSKAF  ~ 

JACO van der Westhuizen (35) het Dinsdag in die Kaapse landdroshof verskyn op aanklag dat hy ’n Ponzi-skema bedryf het.

Weens die beweerde skema het “beleggers” net oor ’n miljoen rand verloor, sê die Valke se sers. Lloyd Ramovha.

Hy het na bewering slagoffers gekry om te belê en hulle hoër as normaalweg opbrengste belowe, wat nooit betaal is nie.

Die beleggers het ’n verlies van R1 078 600 gely.

Die saak is tot 7 April uitgestel vir nader ondersoek.

Hy het borgtog van R10 000 gekry.

Die Valke het die publiek gewaarsku teen mense wat hulle hoër as normaalweg opbrengste belowe. – Valke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters