5 dae gelede
Ouer kla oor ‘cult’-juffrou
gevind: Robin van Leeve soos sy nog in Maart gelyk toe sy as vermis in die media verskyn het. FOTO’S verskaf  ~ 

’N JUFFROU wat na bewering aan ’n cult behoort, is ondersoek vir die verdwyning van twee boesemmaatjies.

Die onnie by die De ­Kuilen Hoërskool in Kuilsrivier het klas gegee vir Nayoca Plato (17) en Robin van Leeve (19).

Dié twee matrieks het op 1 Maart vermis geraak nadat Robin glo Nayoco vir die onnie “recruit” het.

Albei is op 7 Maart in ­Roodepoort, naby Johannesburg, gevind.

Dis nie die eerste keer dat die onnie deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement ondersoek word nie.

Die klagte teen haar is destyds deur die WKOD uitgegooi.

Een van die ouers van die meisies wat nie haar naam genoem wil hê nie, het aan Son vertel haar dogter het “oopgemaak” toe hulle gevind is.

Dié ouer het intussen ’n brief aan die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, geskryf.

Volgens die ouer het die onnie die kinders ’n vegan leefstyl laat volg.

Hulle sou dan voor slaghuise regoor die Wes-Kaap betoog en R400 daarvoor betaal word.

Die ouer sê die dae voordat haar kind vermis geraak het, het sy glad nie reg gedink nie.

Die ouer sê die dag wat hulle haar kind in Roodepoort gevind het, was sy bedwelmd en haar kop heeltemal kaal geskeer.

Sy vertel: “My kind moes haar eintlik opoffer.

“Alles is goed beplan.

“Die tyd voordat sy opgeoffer sou word, het sy ’n status op haar profile gehad.

“Die woorde het gesê dat sy selfmoord sou pleeg.

“Maar ek het agtergekom dat dit nie sy was wat dit geskryf het nie.

“Sy is Afrikaanssprekend en die status was oor Billy Ocean se song.

“Ek het toe vir my kind gesê ek weet iemand anders het vir haar gesê om dit te skryf.”

Die ouer sê dit gaan ­deesdae baie goed met haar dogter en sy woon nie meer De Kuilen by nie.

Herman Mellet, die hoof, het aan Son gesê hulle het ’n brief van Schäfer se ­kantoor ontvang om hulle in te lig oor die ouer se klagtes.

Mellet sê ’n ondersoek is gedoen, maar hulle kon geen bewyse kry nie.

Millicent Merton, ’n woordvoerder van die WKOD, sê hulle is tans nie besig met ’n ondersoek nie.

Die onnie kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters