2 maande gelede
Ou sterf ’n wrede brand-dood

’N GESTREMDE man van die Strand het Dinsdag in die vroeë oggendure doodgebrand.

Steven Adonis (47) het by sy shack in Fernstraat, Broadlands Park, probeer uitkruip, maar dit was tevergeefs.

Die polisie van die Strand sê die voorval het omstreeks 05:00 gebeur.

Lorriane Booysen (41), Adonis se saamleefvrou, het vertel dat die oorledene ongeveer tien jaar terug ’n beroerte gehad het. Dit het die een kant van sy liggaam verlam.

Volgens Booysen, wat in die hoofhuis was tydens die voorval, het hulle iets gehoor wat klink soos ’n kaggel wat brand.

“Ek het dadelik gaan ondersoek instel en gesien die shack is aan die brand.

“Ons kon nie naby kom nie omdat die hitte baie sterk was en ons het gaan hulp soek, maar daar was niemand buite nie.

“Ons het sy liggaam naby die deur gekry waar hy probeer uitkruip het,” het ’n hartseer Booysen vertel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters