4 dae gelede
Ou loop hof
min gepla? Mortimer Saunders lyk heel kalm toe hy vir die moord op klein Courtney Pieters in die hof verskyn.  ~ 

KLEIN Courtney Pieters is twee keer verkrag voordat sy vermoor is.

Dít het gister in die stampvol Goodwood-landdroshof uitgekom toe haar vermeende moordenaar, Mortimer Saunders (40), vir die eerste keer verskyn het.

’n Emosielose Saunders het reguit voor hom uitgestaar terwyl Adnaan Gelderbloem, die staatsaanklaer, die aanklag van moord, twee aanklagte van verkragting en ’n klag van ontvoering teen hom uitgelees het.

Saunders se prokureur, Colin Lekay, het aan die hof gesê Saunders gaan nie om borgtog aansoek doen nie.

’n Bron na aan die familie het aan Son gesê Courtney is só wreed verkrag dat sy van onder heeltemal oopgeskeur is.

Sy sal ook toegewerk moet word voordat sy aan haar ma, Juanita, oorhandig gaan word, vertel die bron.

Son se bron voeg by: “Dit was só erg, die man by die morgue wou nie eens haar ma-hulle daarvan sê nie.

“Ál haar bene in haar liggaam is gebreek.

“Haar erg ontbinde liggaam maak ook dat hulle nie Saterdag haar kis sal kan oopmaak nie.”

Nadat Juanita haar kind se vermeende moordenaar die eerste keer weer gesien het, het sy gesê sy’t drie vrae vir hom.

Sy het gister die eerste keer nadat haar kind se lyk Saterdag gevind is, heeltemal oopgemaak.

Die ma sê: “Ek wil weet waar hy my kind ál die tyd aangehou het.

“Ek wil weet wat hy met haar gemaak het.

“Ek wil ook weet hoekom dit Courtney moes wees.”

Volgens haar het Courtney ’n paar dae voor haar dood omtrent aan haar vagina begin krap, maar sy’t nie agtergekom iets skort nie.

Sy vertel: “Of sy nou gesit of gestaan het, sy het aan haar vagina gekrap.

“Dit het haar pa begin pla en hy het vir my gevra hoekom die kind elke keer daar krap.

“Wanneer ek haar gewas het, sou sy haar bene toedruk. Sy sou elke keer net lag.”

Juanita sê selfs nadat Courtney eendag gesê het sy het Saunders se p**l gesuig, het sy Courtney nie kop toe gevat nie.

Sy sê hiervoor blameer sy haarself . . .

Die ma sê: “Die kinders in dié area is baie ougat.

“Ek het vir haar gesê sy moet ophou om dié goed te praat, want sy het vir haar pa ook dit gesê.”

Juanita sê sy kan dit nie oor haar hart kry dat Saunders haar kind vermoor en ál die tyd gemaak het asof hy haar bystaan nie.

Sy vaar uit: “Jirre, die man het my gedruk en kom sê ek moenie worry nie – ons sal die persoon kry wat vir Courtney het.

“Hy het gesien hoe ek hier sit en huil en steeds was dit niks vir hom nie.”

Lekay het die hof gister ingelig Saunders wil graag in die hospitaal-afdeling van die tronk aangehou word.

Volgens Lekay vrees Saunders vir sy lewe.

Landdros Paul Visagie het gesê hy weet van Saunders se versoek, maar dat hy dit nie in die hof wil bespreek nie.

Die hofsaak is vir eers tot 24 Mei uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters