10 dae gelede
Ou gegryp oor motor en perlies
baie werd: Die cops het op dié perlemoen afgekom.Foto: sapd  ~ 

DIE cops het gisteroggend ná flinke optrede in Lwan­dle in Somerset-Wes ’n man weens die besit van ’n gekaapte kar en perlemoen gearresteer.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n woordvoerder van die polisie, het gesê: “Die polisie is ingelig dat iemand perlemoen op die N2 in Somerset-Wes vervoer. Die wit Toyota Corolla is opgemerk en in Lwandle afgetrek.

“Die voertuig is deurgesoek en 2 098 perlemoene is in die kar gekry. Die waarde is sowat R500 000.”

Volgens Traut is die kar in November in Khaye­litsha ge-hijack.

’n Man (34) sal binnekort in die landdroshof in die Strand verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters