6 maande gelede
Monsters is naby kids
let op: Roegshanda Pascoe sê alle ouers moet probeer waaksaam wees oor hul kids.Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 
vermoor: René Tracy Roman was na bewering die slagoffer van hul buurman. FOTO’S VERSKAF
Stacha Arends
verdagte: Andrew Plaatjies is vas vir die gru-moord op René Roman. Foto: JONATHAN LESTRADE
vas: Randy Tango is vir die moord op Stacha aangekeer.
let op: Roegshanda Pascoe sê alle ouers moet probeer waaksaam wees oor hul kids.Foto: JONATHAN LESTRADE

KLEIN Courtney Pieters, René Roman én Stacha Arends is almal na bewering deur mense na aan hulle vermoor.

Die gruwelike moord op Courtney (3), die jongste slagoffer, het wêreldwyd opslae gemaak. Hul boarder, Mortimer Saunders, staan tereg vir die moord.

Die gevalle van René Roman van Lavender Hill wat na bewering deur Andrew Plaatjies, ’n neighbour, vermoor is, en Stacha Arends, wat glo deur Randy Tango, haar pa se vriend, vermoor is, het die land net so geruk.

Die vraag op almal se lippe is of hulle hul ooms, broers, pa’s en neefs kan vertrou ...

Roegshanda Pascoe van die Manenberg Safety Forum en die woordvoerder vir die Pieters-gesin sê dié moorde moet “ons” ’n les leer.

Pascoe sê in die meeste gevalle is die oortreders mense wat die naaste aan die slagoffer is.

Pascoe sê: “Wanneer die kinders vir ons tekens gee, moet ons oplettend wees.

“Social Development sal ook ’n groter rol moet begin speel.

“Ons mense lewe in armoede en dit het al ’n alledaagse ding geword. Ons sit met gebroke gesinne.

“Ons moet ons kinders leer dat hulle nie eens hul uncles moet trust nie – ook nie wat hulle aan jou kan doen nie.”

Pascoe sê wat haar die kwaadste maak, is dat dit die polisie nege dae gevat het om ’n snuffelhond uit te stuur.

Sy sê as die hond al op die eerste dag na die huis toe gestuur is, kon Courtney dadelik gevind word.

Pascoe vaar uit: “Hoekom moet daar red tape wees rondom die uitstuur van ’n sniffer dog?

“Die familie het hul samewerking gegee en was bereid dat hul huis deursoek word.”

Pascoe sê dit het die snuffelhond drie minute geneem om vas te stel Saunders se kamer is die misdaadtoneel.

Shireen, die ma van Lekita Moore, wat ook op ’n onmenslike wyse vermoor is, was gister ook by die Pieters-gesin se huis.

’n Gebroke Shireen sê sy tel die maande af sedert haar dogter dood is.

Sy sê: “Dis nou al ses maande dat my kind weg is.

“Ek is tans in die rehab en maak dag vir dag vor­dering.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters