7 dae gelede
Man voor ná 2 moorde
gestort: Die lyke van Octavia en Cleo Skippers. Foto: NETWERK24  ~ 

DIE saak teen ’n man wat glo ’n jong ma en haar dogter vermoor het, het Vrydag in die Atlantis-landdroshof voorgekom.

Wilfred Oliphant (35) is aangekla van die moord op Octavia Skippers (23) en haar tweejarige dogterr, Cleo.

Oliphant het laas op 12 Junie in die hof verskyn. Hy het nie vir borgtog aansoek gedoen nie en is steeds in aanhouding.

Die lyke van Cleo en Octavia is op Dinsdag 6 Junie op ’n stuk veld tussen Protea Park en Witsand gestort. Hulle is laas gesien op pad na ’n haarkapper toe.

Oliphant is twee dae later gearresteer. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters