7 dae gelede
Man in hof ná Fritz ge-rob is
Albert FritzFoto: jonathan lestrade  ~ 

NOG ’n man het gister op aanklag van gewapende roof in die Athlone-landdroshof verskyn nadat die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, Albert Fritz, aangeval is.

Die voorval het op Saterdag 12 Augustus buite die Assembly of God Church in Nyanga gebeur. Fritz, sy twee lyfwagte en sy woordvoerder, Sihle Ngobese, is beroof.

Doodgeskiet

Gister het Xolisa Baba (26) verskyn en hy sou om bail aansoek gedoen het, maar het dit laat vaar.

Twee mans het die minister en sy span daardie dag met wapens gedreig en Fritz se lyfwagte het ’n 19-jarige man doodgeskiet. Baba is beseer.

Baba word steeds aangehou en hy sal op 26 Oktober weer in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters