5 maande gelede
Leerders lem 'dief'
doodgesteek: Die man is met ’n mes gelem. Foto: facebook  ~ 

SKOOLKINDERS van Mitchells Plain het ’n man doodgesteek nadat hy hulle glo probeer beroof het.

Die 21-jarige man het volgens ’n Facebook-inkskrywing Donderdagmiddag saam met twee ander mans op die trein van Kapteinsklip-treinstasie na Mitchells Plain geklim, waar hulle die leerlinge wou beroof.

“Die kinders het die (vermeende) rowers aangeval en een in die rug gesteek,” lui die inskrywing.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n 21-jarige man is omstreeks 15:15 by die Station Plaza in Mitchells Plain deur onbekende verdagtes doodgesteek.

“Die saak word ondersoek.”

Riana Scott, Metrorail-woordvoerder, sê hul rekords wys dat ’n bakleiery waar leerlinge betrokke was om 15:18 aangemeld is.

Dit blyk ook dat mediese nooddienste en die polisiediens na die treinstasie ontbied is.

Sy kon egter nie bevestig of dit wel die voorval is waarin die man doodgesteek is nie.

’n Woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, Paddy Attwell, het gesê hulle het geen berigte van so ’n voorval ontvang nie.

“Safe Schools sal reël vir enige trauma-behandeling as dit nodig is.”

Son het verskeie mense gekontak om uit te vind van watter skool die kinders was, maar sonder sukses.

Dit was die tweede voorval die week waar skoolkinders betrokke is by ’n stekery.

’n Leerling van die Eersterivier Sekondêre Skool, Zydren Raymond, is Dinsdagogggend by die skool met ’n skêr doodgesteek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters