9 dae gelede
Kuier end sad
lekker tyd: Mense geniet hulself in Club Galaxy. Dié foto is ’n paar jaar gelede geneem tydens die klub se birthday celebrations. Foto: peter abrahams  ~ 

’N FIGHT tussen twee ouens oor ’n girl het in ’n skietery by een van die bekendste nagklubs in Kaapstad geëindig.

Die voorval het vroeg Maandagoggend in die parkeerterrein by Club Galaxy in Rylands gebeur. Een van die mans is doodgeskiet.

Volgens ’n dansganger het die mense lekker hul lywe geskud op Easter Sunday tot in die vroeë oggendure van Maandag.

Maar toe begin die geskel glo oor die girl.

Die klub se bouncers het gou die saak uitgesorteer deur die betrokkenes uit te gooi.

Volgens die klub se bestuurder, Sydney Oliver, was dit omtrent toemaaktyd toe alles begin het.

“Die twee het geskel en dinge het in ’n stadium baie warm geword.

“ ’n Halfuur nadat hulle by die klub uit is het ons die skote gehoor.

“Ons promote nie geweld nie. Mense moet net kom om hulself te geniet,” sê Oliver.

Die bestuurder sê hy wil dit ook duidelik maak dat niemand in die klub geskiet het nie, maar dat die voorval buite gebeur het.

“Die polisie patrolleer gereeld buite om seker te maak niks onwettigs vind plaas nie en dat kliënte hier veilig is,” sê Oliver.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, bevestig dat die voorval Maandagoggend omstreeks 04:00 gebeur het.

’n Saak van moord word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie.

  • Dié skietery volg slegs ’n paar ure nadat daar omstreeks 01:00 Maandagoggend by ’n posh nagklub in Kampsbaai geskiet is.

Twee mense is by Café Caprice in Victoriastraat gewond. Dié skietery hou glo verband met ’n stryd oor die beheer van sekuriteit by klubs.

Een van die gewondes is die eienaar van ’n tyre service centre in Observatory wat verlede jaar gebom is.

Drie mans is in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord.

  • Son het ook onlangs berig oor die JT’s-nagklub in Grabouw toe ’n jong man buite die klub doodgesteek is op pad huis toe. Brandon Robertson wou tussenbeide tree in ’n stryery tussen die steker en sy neef.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters