8 dae gelede
Kleuter (4) se ‘killer’ vas
HOF: ’n Verdagte is gevang.Foto ter illustrasie  ~ 

DIE polisie was daarop uit om te verseker dat die moordenaar van die vierjarige Lyapa Yamile sy dag in die hof kry.

Dit is hoekom speurders elke leidraad opgevolg het. Dit het Woensdag gelei tot die arrestasie van ’n 29-jarige man in Khayelitsha.

Lyapa se lykie is op 1 Mei in Town Two in Lingelethu West gevind. Ondersoeke het eers gelei tot die arrestasie van twee verdagtes, wat later vrygelaat is weens ’n tekort aan omstandigheidsgetuienis.

Die 29-jarige man het Vrydag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en moord.

Die Wes-Kaapse polisie sê die bekamping van misdade teen kinders is vir hulle ’n top-prioriteit. – SAPD

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters