Verlede maand
Kleintjies opgewonde
eerste dag: Qudsiyyah Aghardien (6) loop saam haar ma, Nadia, skool toe. Foto: Fu’ad Rahman  ~ 
eerste dag: Qudsiyyah Aghardien (6) loop saam haar ma, Nadia, skool toe. Foto: Fu’ad Rahman
opgewonde: Ouers en leerders wag vir die Laerskool Parkhurst se hekke om oop te maak vir hul kinders wat na gr. R toe gaan.
AANTREE: Dis vandag ’n magdom gr. 1’tjies se voorland om met hul nuwe skoene die nuwe skooljaar aan te durf. Foto: FOTO24

KLEUTERS van gr. R het gister al met hul nuwe skooljaar begin.

Sowat 5 000 gr. R’s het gister in Mitchells Plain met hul klasse begin.

Die opgewonde ouers het vroeg by die Laerskool Parkhurst in Westridge, Mitchells Plain, by die hekke gestaan en wag vir die skool om te begin.

Daar is sowat 60 laerskole in Mitchells Plain.

’n Onderwyser van die skool, wat anoniem wou bly, het gesê: “Ons het hierdie jaar 120 gr. R’s ­ingeneem.

“Hulle het nie gehuil nie, want hul ouers was heeldag saam met hulle vir die oriëntasie.

“Ons het nie meer plek vir nog gr. R-leerders nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters