6 maande gelede
Kindermoorde dryf cop tot vers
te veel! Izak Gordon is in afgryse oor ál die kindermoorde die laaste tyd.Foto: Melinda Stuurman  ~ 

“GENOEG is genoeg.”

Só skryf ’n gesoute polisie­man, AO Izak Gordon (45), in sy gelyk­namige gedig.

Gordon het die geskryf ter verering van jong kinders wat die laaste tyd so grusaam vermoor is, veral Courtney Pieters (3).

Gordon se hy kan hom nie indink watter lyding Courtney se ouers moet verduur nie nadat hul kind wreed vermoor is.

Gordon het in 2004 by die Bellville-polisie se kinderbeskermingseenheid begin.

Dié cop wat self twee seuns het, sê: “In die begin was dit moeilik om sulke verskriklike tonele waar klein meisies en seuns verkrag en vermoor is, te besoek.”

Hy sê die moord op Courtney het hom so hard getref dat hy besluit het om die gedig te skryf.

Dit handel oor die ­veroordeling wat die slagoffers se ouers baiekeer tref.

Gordon sê: “Mense was gou om te wonder hoe die ma nie kan weet wat in haar huis aangaan nie.

“Mense veroordeel die ouers op hul gewoontes – rook of drink – of hul omstandighede – die voorkoms van die huis – maar toe is dit die boarder.

“Dat die huis armoedig is, speel geen rol nie. ’n Klein dogtertjie is dood; ons moet iets doen omtrent dit.

Die gedig se eerste van twee dele lui:

GENOEG IS GENOEG

Hoe lank moet ons kinders nog ly, terwyl die regering onder mekaar baklei?

Kindertjies word links en regs verkrag en vermoor

Hoekom hande gevou staan en kom na voor?

Vergeet van die stigma, die ouers drink en dit gaan swaar by die huis

Dit gee niemand die reg om ons kinders te vergruis

Ouers met hartseer in hul oë wag gespanne op hul bloedjies se terugkeer

Na hul wonings, en bid talle nagte om aan hul konings

Weggeskeur uit hul rustige areas, deur ’n monster wat vroeg op parool vrygelaat is

Deur die bakleiende regering waaronder ons ly

Seker waarom so baie van ons kinders deesdae so swaar kry

Moeg gewag by hul wonings vir enige nuus

Maar ál wat hulle kry, is flou eskuus

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters