7 dae gelede
Kids speel en leer
pret: ’n Groot groep kids neem aan die sportdag deel. Foto’s: Black Sheep/Peter Africa Photography  ~ 
bemagtig: Suster Colleen Booysen (links) ’n gasspreker wat hier deur Justin Hendricks verwelkom word.
pret: ’n Groot groep kids neem aan die sportdag deel. Foto’s: Black Sheep/Peter Africa Photography

DIE kinderkerk van Divine Revelation Ministry in Seawinds naby Lavender Hill het onlangs ’n sportdag vir kinders gehou. Die klem was op die kids se veiligheid.

Justin Hendricks, die kerk se hoof van kinderbediening, sê die kerk is in 2004 deur sy senior pastoor, Ernest Franklin, gestig.

“Die getal kinders in die ministry het gegroei vanaf 15 tot 60 kiddies uit areas soos Cafda, Lavender Hill, Seawinds, Hillview en Military Heights.

“Ons lewer dienste van ’n geestelike en holistiese aard.

“Ons moedig soveel kinders moontlik aan om aan ons programme deel te neem en daardeur bemagtig te word.

“Die sportdag het op kinders se veiligheid gefokus, veral omdat daar so baie onskuldige jong kinders die laaste tyd vermoor is.”

Hendricks het verduidelik dit is waarom die polisie, mediese personeel en brand-en-reddingsdienste genooi is om die kinders toe te spreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters