2 maande gelede
Kids soek plek
soekend: Darren-Lee Barnett (links) en Jade Johnson sukkel om in ’n skool te kom. Hier kom hulle van die Hoërskool Westridge af, wat ook vol is. Foto: Fu’ad Rahman  ~ 

TERWYL hul skoolmaats ­vandag terug skole toe is, is daar talle leerders in Mitchells Plain wat nie plek in ’n hoërskool het nie.

Ouers kla dat hulle het al sedert die begin van dié week rondgeskarrel op soek na plekke in skole.

Darryn-Lee Barnett (15) en Jade Johnson (15) het saam met hul ouers van skool tot skool gestap om plek te kry.

Hul ouers sê die hoofde by al die skole sê net die skole is vol.

Een van die ouers, wat anoniem wou bly, sê: “Ons was by die onderwysdepartement, maar hulle wou net niks weet nie en sê net die skole moet plek maak.

“As ons by die skole kom, dan is daar eenvoudig nie plek vir ons kinders nie.”

Verlede jaar het talle leerders ook eers gesukkel voordat hulle in skole opgeneem kon word.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse minister van onderwys, het gister in ’n verklaring gesê: “Ouers sukkel om hul kinders in ’n skool te kry omdat hulle te laat geregistreer het. Ons probeer al die leerders in ’n skool te kry.

“Ons het drie nuwe skole en ses vervangingskole in die provinsie aangebring.

“Die onderwysdepartement het nou 119 mobiele eenhede aangebring om te help om leerders in ’n skool te kry.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters