5 dae gelede
Kaapstad se airport wen prys
beste: Die Kaapstadse lughawe het ’n prys gewen.Foto verskaf  ~ 

DIE Kaapstadse Internasionale Lughawe is as die beste lughawe vanjaar in Afrika aangewys.

Die World Travel Awards Africa het die toekenning uitgedeel.

Deborah Francis het die toekenning namens die Airports Company South Africa (Acsa), in Kigali, die hoofstad van Rwanda, ontvang.

Dis die 24ste jaar dat die toekenning aangebied is.

“Ons is dankbaar vir die toekenning. Dit wys net die toewyding van al die personeel,” het die lughawe se bestuurder, Deon Cloete, gesê.

In 2016 het meer as 19 miljoen mense die lughawe gebruik.

Styging

“Met vennootskappe soos Air Access is tien nuwe roetes ook ingebring.

“Daar was ’n styging van 7,3% in passasiers wat deur die lughawe gekom het in vergelyking met die vorige jaar. Baie meer buitelanders het ook hier geland,” het Cloete gesê.

Volgens hom begin die spits-seisoen in Oktober en het vliegtuie van Zürich, Frankfurt en München ook al hier kom land.

“Alle aanduidings is dat ons ’n besige seisoen in Kaapstad gaan hê.

“Die span is oorgehaal vir die besige tyd om al die besoekers te verwelkom,” het Cloete bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters