8 dae gelede
Kaap ‘gebruik te veel water’
wilde water: Die Kruger-wildtuin in Mpumalanga verspoel behoorlik. Foto: facebook  ~ 

KAPENAARS gebruik wel minder water, maar gebruik steeds te veel.

En terwyl die droogte die Wes-Kaap wurg en veldbrande ’n groot probleem is, spoel die ander provinsies byna letterlik weg.

Tans word in Kaapstad 829 miljoen F water per dag gebruik.

Maar die Stad Kaapstad sê dit is steeds 29 miljoen F per dag te veel.

Die Stad Kaapstad het dié mikpunt gestel totdat die reën­seisoen begin.

Die vlak van damme in die Wes-Kaap is tans gemiddeld 44.3% met ’n klomp droë maande wat nog voorlê.

Verlede jaar dié tyd was die damvlakke gemidddeld 53.6%.

Priya Reddy, woordvoerder van die Stad, sê as inwoners nie nog spaar nie, sal strenger beperkings ingestel moet word.

Dit kan wees dat inwoners heeltemal verbied sal word om hul tuine water te gee.

“Ons vra mense om te rapporteer as water lek en onthou ook om alle krane toe te draai.”

Verlede week in Gauteng is groot skade deur vloede aangerig en die naweek in die Kruger-wildtuin in Limpopo en Mpumalanga het vloedwater ook plekke oorstroom.

Volgens die weerburo word nog reën in die sentrale, noordelike en oostelike dele van die land verwag.

Maar in die Wes-Kaap bly dit droog en die brandgevaar is steeds hoog. Sterk wind word ook voorspel.

  • Die Wes-Kaapse damme se huidige watervlak is: Bergrivier 56% ) Benede-Steenbras 35.6%) Bo-Steenbras 76.4% ) Theewaterskloof 38.6% ) Voëlvlei 49.5% ) Wemmershoek 39%

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters