10 dae gelede
Hare vlieg soos ’n vip
gaterig: Daar is ’n groot gat in Aldoretta van Rooyen se kop waar haar hare eers was.  ~ 
Ha(a)rd times: Van Rooyen met haar bolling hare en die produk wat weggestuur is.Foto’s: PETER ABRAHAMS
gaterig: Daar is ’n groot gat in Aldoretta van Rooyen se kop waar haar hare eers was.

HAAR baby tjank nie meer blou moord van skok as hy haar sien nie.

Aldoretta van Rooyen, se sewe maande oue baba is darem nou gewoond aan sy ma se skielike min hare.

Maar dis nie waar die Easy Waves-haresage eindig nie.

Son het Vrydag berig oor Van Rooyen se diepe teleurstelling toe haar hare gone was ná ’n behandeling met Easy Waves.

Van Rooyen se klos hare is glo op ’n aeroplane gesit na Easy Waves se kundiges in Pretoria, waar die fout ondersoek gaan word.

Op die koop toe is Van Rooyen se Krismis toe darem nie ge-spoil nie, want daar’s baie bederf in die pyplyn om vir haar sorry te sê.

’n Gesant van Easy Waves het haar Vrydag persoonlik besoek.

Volgens Van Rooyen, wat verlede week waves gemaak het oor die relaxer so laid back was dat dit haar haar haredos gekos het, is sy nog ’n bietjie skepties oor die besoek.

Van Rooyen sê: “Ek is nie kwaad vir hulle nie, maar ek wonder of hulle my nie net wou sweet talk nie.”

Van Rooyen het van die Easy Waves-gesant gehoor dat hulle nog nooit sulke probleme gehad het nie.

Sy verduidelik: “Hulle was baie eerbiedig, ja, maar volgens hulle is dit ’n chemical reaksie wat dit veroorsaak het. Ek glo steeds dis Easy Waves se skuld.”

Intussen het Van Rooyen se hare veilig in Pretoria geland.

Sy sê: “Hulle het my hare gevat en dit op ’n plane na Pretoria gesit.”

Van Rooyen grap: “Ek wou saam met my hare op die plane gegaan het. My hare het nou ’n groter experience as ekke gekry.”

Sy is ook belowe die maatskappy se haarspesialis gaan haar ’n treatment gee.

“Ek sal seker teen Krismis ­nuwe hare hê, want hulle gaan op 23 November na my toe terugkom.

“Hy het gesê hy gaan sorg dat ek my hare terugkry.”

Miso Mchunu, ’n woordvoerder vir Amka, die maatskappy wat Easy Waves vervaardig, het gister bevestig dat die hare en produk wel by hul Pretoria-kantoor aangekom het.

“Ons het dit as ’n nood­aflewering gemerk en beskou die saak as ernstig.

“Ons wag nou net vir die verslag van die toetse. Dit behoort nie lank te vat nie.

“Ons wil seker maak dat die customer se geloof in die produk herstel gaan word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters