8 dae gelede
Hangberg brand oor flou diens
afgesper: Inwoners het brandende goed in die pad gegooi.FOTO VERSKAF  ~ 

GEWELD het in Harbour Road in Houtbaai uitgebreek toe inwoners van Hangberg brandende voorwerpe en houtbanke in die pad gegooi het.

Hulle het die banke uit restaurante gepluk, vensters van ondernemings gebreek en ander eiendomme beskadig.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die geweld begin toe inwoners oor dienste gekla het. Son verneem toeriste was by die hawe vasgekeer. Teen gistermiddag was Harbour Road by die hawe-ingang gesluit en toegang tot Hangberg afgesper.

Beseer

“ ’n Flare is ook na lede van wetstoepassingsagentskappe gevuur, asook na ’n laerskool.

“ ’n Metro cop se voet is met die flare beseer.”

Volgens Van Wyk is ’n 14-jarige seun deur ’n rubberkoeël getref en na die brandweerstasie geneem vir behandeling.

“Teen gistermiddag was die polisie en wetstoepassers daar om sake onder bedwang te bring.”

  • Eye Witness News berig die R44 is gister ook wéér gesluit nadat inwoners van Kleinmond ’n stuk land aan die brand gesteek het.

Inwoners betoog oor ’n skoonmaaktender wat aan ’n persoon van Hermanus toegeken is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters