4 dae gelede
Fikile: killers moet sterf in tronk
genoeg gehad:Min. Albert Fritz sê daar is nie plek vir moordenaars in ons gemeenskap nie.Foto’s: jonathan lestrade  ~ 

MENSE van heinde en verre het gisteraand na die Elsies Civic gestroom om die gedenkdiens vir Courtney Pieters (3) by te woon.

Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, die nasionale polisieminister, Fikile Mbalula, Albert Fritz, plaaslike minister van maatskaplike dienste, en Cosatu se Tony Ehrenreich het ook hul medelye kom betoon.

Selfs die ouers van Stacha Arends en René Roman, wat ook op ’n wrede wyse vermoor is, het die gedenk-diens bygewoon.

Honderde mense moes van buite af luister oor daar nie genoeg plek was nie.

Mbalula het gesê dat ons gemeenskappe siek is.

Hy sê: “Die moordenaars moet sterf in die tronk. Die moordenaars is nie onbekendes nie, maar dis jou oom en jou broers.”

vaarwel: Die saal was vol gepak van mense wat hul laaste eer aan Courtney Pieters kom betoon het.Foto’s: jonathan lestrade
genoeg gehad:Min. Albert Fritz sê daar is nie plek vir moordenaars in ons gemeenskap nie.Foto’s: jonathan lestrade
waarsku: Min. Fikile Mbalula sê hy’s reg vir diegene wat nog misdadigers wil word.

Onmiddellik

Fritz het gesê die een ding wat Courtney reggekry het, was om die hele gemeenskap te verenig.

Hy’t ’n beroep op die polisie gedoen om onmiddellik aandag te gee wanneer ’n kind vermis word.

Fritz sê: “Dit maak nie saak of ons mense arm is nie, help hulle.

“Die tyd het gekom dat ons die wêreld begin klein maak vir die moordenaars.”

Courtney se niggie Celeste Adonis het gesê toe sy hoor Courtney is weg, het sy onmiddellik na haar begin soek.

Adonis sê: “Die ma is deur die polisie gesê sy moet 48 uur wag, maar ons het tot diep in die nag begin soek.

“Ek het gesê ons gaan haar soek totdat ons haar kry.

“Toe ons haar kry, was dit nie soos ons haar wou hê nie, maar at least kan ons haar nou tot ruste lê.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters