4 maande gelede
Ethiopiër kry ’n lem in die brein
rou: Die gemeenskap van Bredasdorp hou ’n diens vir Tomas Takele. FOTO’S verskaf  ~ 
onthou hom: ’n Kruis is opgerig ter nagedagtenis van Tomas Takele.
rou: Die gemeenskap van Bredasdorp hou ’n diens vir Tomas Takele. FOTO’S verskaf
Tomas Takele

’N COUPLE is in die mang nadat hulle na bewering ’n buitelander vermoor het.

Dít nadat hul agtjarige seuntjie glo aan hulle gesê het Tomas Takele (29), ’n Ethiopiër, het hom Saterdagoggend gewurg.

Die gemeenskap van Bredasdorp is in oproer oor die wrede moord op Takele en wil hê die egpaar, Charmaine Moos en Randall Kapot, moet agter tralies bly.

Die twee het gister in die Bredasdorp-landdroshof op aanklag van moord verskyn nadat hulle Takele na bewering gepak en sy brein deurboor het.

’n Roudiens is Dinsdagaand voor Takele se winkel gehou.

Takele se neighbour Saartjie Magenie vertel dat haar buurman nooit so iets sou gedoen het nie.

Sy beskryf Takele as ’n liefdevolle mens wat altyd die mense in die gemeenskap gehelp het.

Magenie sê die seuntjie moes ’n pie by Takele se winkel gaan koop het.

Hy het toe van Takele se yskas afgeval nadat hy daarop geklim het, beweer Magenie.

Magenie vertel: “Die kind het huil-huil huis toe gehardloop.

“Die ouers het nie eens kom luister wat gebeur het nie.

“Hulle het hom sommer met die intrapslag begin slaan en steek.”

Miena Farels, ’n inwoner wat agterna op die toneel aangekom het, vertel: “Die buitelander is in sy kop en dwarsdeur sy brein gesteek.

“Hy is na die plaaslike hospitaal geneem en daarna met ’n helikopter na die Groote Schuur-hospitaal, waar hy die Sondag breindood verklaar is.”

Farels vertel: “Die gemeenskap is baie ontevrede oor die wrede moord op die winkeleienaar.

“Daar is ’n petisie opgestel teen bail.”

Die egpaar verskyn 17 Augustus weer in die hof vir ’n aansoek om borgtog.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters