5 maande gelede
Drama ná pa dogter se ou se lewe neem
juanito otto FOTO Verskaf  ~ 
lover se ma: Martha Davids is gebroke oor wat gebeur het.Foto: Bohemia Hoffmeester
juanito otto FOTO Verskaf

DIS nou dogter teen pa nadat die pa na bewering sy dogter se lover koelbloedig doodgeskiet het.

Dié drama het verlede Sondag in Scottsville, Kraaifontein by hul huis afgespeel.

Theresa Davids (34) lover van oorlede Juanito Otto (43), sê sy stem nie saam met wat haar pa gedoen het nie.

Sy sê: “My pa moet met sy eie gewete lewe vir wat hy gedoen het.

“Ek gaan nie my pa bystaan nie. Ek wil hom nie sien nie.

“Ek was nie my pa se favourite nie. Hy het ál die jare ’n grudge teen my.

“So, hy kan nie sê dat hy vir Juanito geskiet het as gevolg van my nie.”

Volgens gerugte wou haar pa haar glo beskerm omdat Otto haar na bewering mishandel het.

Davids se ma, Martha, het aan Son vertel dat Otto haar dogter gereeld aangerand het.

Sy sê egter daar was geen mishandeling daardie Sondag nie.

Theresa vertel: “Nito was wel ’n moeilike mens, maar ek kan nie sien hoekom my pa hom geskiet het nie.

“Ons het ’n stormy relationship gehad, maar dit was ons ding. Ons het nooit my pa betrek nie.

“Ek het ’n interdik uit gehad om hom ’n bietjie te kalmeer.”

Die twee was reeds ses jaar in ’n buite-egtelike verhouding en volgens sy lover het hulle al die afgelope vyf jaar saam gebly. Hulle het ook ’n vyfjarige seun saam.

Sy sê: “My pa wou hom nie op die erf hê nie, want hy was getroud.

“Ek en Nito het selfs meeste daaroor vasgesit.

“Vandat ons ontmoet het, het hy my gesê hy staan op skei. Dan was dit weer hy het nie nou geld vir Kaap toe nie. Dit het my ook moeg gemaak.

“Maar ek dink ons sou iets in die jaar uitgewerk het.

“Sy vrou het baie kom skel voor ons hekke en aangegaan oor haar man.

“Ek het haar gesê as dit so is dat daar ’n toekoms vir hulle is, sal ek uit die water uit staan en dan moet hy teruggaan na haar.

“In vyf jaar het niks gebeur nie. Hulle het kontak gehad ter wille van die kind wat hulle saam het, maar ek was nie teenwoordig wanneer hulle saam was nie.”

Die aand van die voorval was vir haar ’n nagmerrie, want Otto is in haar arms dood.

Theresa vertel hartseer: “Ek is stukkend. Ons was baie lief vir mekaar.

“Daai aand was hy eintlik rustig.

“Hy het gedrink. Hy was ’n rugbyman.

Rewolwer

“Ek was net by my suster en toe ek terugkom, was hy nie in die wendy nie. Hy was in die groot huis en my pa het hom uitgejaag.

“Hy het toe agter toe gekom na die wendy en my vertel dat my pa hom nou uitgejaag het. Toe lag hy nog daaroor.

“My pa het toe die deur oopgetrap. Hy het ’n rewolwer in sy hand gehad en vir ons gesê ons moet uitkom.

“Ons het opgestaan en uitgegaan.

“Toe hy die rewolwer op ons rig, toe dink ek dis ons altwee, want hy’t nog nooit só iets gedoen nie.

“Hulle het toe geworstel. Nito wou gryp vir die rewolwer en toe het hy vir Nito geskiet.

“Ek was stukkend. Ek was baie lief vir hom. Ons het ons dinge gehad, maar ons het planne gehad om ons dinge uit te sort.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters