8 dae gelede
Damvlakke veel laer as vorige jaar
 ~ 

DIE gemiddelde vlak van damme in die Wes-Kaap staan op 35.2%.

In die ooreenstemmende tyd verlede jaar was dit 61%.

Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê die provinsie bly in die greep van een van die ergste droogtes in dekades.

Vererger

“Ons bestuur steeds die situasie nadat die eerste waterbeperkings in 2010 in sekere areas ingestel is.

“Oor die afgelope twee jaar het sake vererger en ons kan dit sien aan die lae damvlakke.

“Vir dié tyd van die jaar is dit baie leeg.”

Volgens Bredell gaan die provinsie strenger waterbeperkings inbring soos wat die Stad Kaapstad reeds gedoen het.

Die Theewaterskloofdam het 28% (2016: 51%), Voëlvleidam 27% (2016: 66%), Clanwil­liamdam 39,8% (2016: 100%) en die Brandvleidam 32% (2016: 53%).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters