4 maande gelede
Cops skiet toe skare inmeng
het jou! Die cops probeer die man arresteer.FOTO’S VERSKAF  ~ 
plat: Die man lê en kreun van pyn nadat hy geskiet is.
los hom: ’n Groot skare mense konfronteer die cops.
het jou! Die cops probeer die man arresteer.FOTO’S VERSKAF

’N COP het Donderdag ten aanskoue van ’n groot skare ’n man in sy been geskiet toe hy hom teen inhegtenisname probeer verset.

’n Omstander het ’n video-opname van die voorval ­gemaak en in die sosiale media versprei.

Die voorval het omstreeks 14:30 in Broadlands Park, Strand, plaasgevind.

Die polisie was in die omgewing op patrollie toe hulle ’n groep mans gewaar wat dobbel.

Die manne in blou het gestop en die dobbelpoel opgebreek.

Volgens ’n ooggetuie het een van die dobbelaars hom stram gehou en op die polisie begin skel. Toe die cops hom in hegtenis wou neem, het alle hel losgebars.

Op die video kan gesien word hoe twee cops met die man stoei om hom in die van te laai.

Maar die ou verset hom en weier om saam met die cops te gaan.

’n Groot skare het intussen saamgedrom. Van die mense wou die man uit greep van die lang arm van die gereg help.

Die rusie vererger en die omstanders skel en vloek strykdeur op die cops.

Dan klap ’n skoot en die verdagte skreeu van die pyn en val grond toe. Die man is in die been gewond en later in ’n ambulans hospitaal toe geneem.

Polisieversterkings het ook opgedaag.

Volgens lt.kol. ­Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is die saak na die onafhanklike polisie­ondersoekdirektoraat verwys.

Son het betroubaar verneem dat die polisie in die Strand nog geen klag ontvang het van ’n persoon wat geskiet is nie.

Die Strand-polisie bestudeer die video en beplan glo om verskeie van die oproeriges in hegtenis te neem wat die polisie ver­hinder het om hul pligte uit te voer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters