2 maande gelede
Cops kry per abuis dagga
klomp twak: Table View se polisie het hierdie groot hoeveelheid dagga gevind. FOTO VERSKAF  ~ 

AS JY vroue en kinders abuse, sal jy soos ’n dier gejag word.

Dít is die waarskuwing en belofte wat die Wes-Kaapse polisie gister in Table View gegee het.

Hulle was besig in ’n optrede om na ’n verdagte te soek toe hulle op ’n hengse klomp dagga afgekom het.

Die straatwaarde van die groen twak beloop sowat R3 miljoen.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê cops was uit op ’n klagte wat aangemeld is van huismoles waar ’n vrou en haar kind na bewering aangerand is.

Van Wyk sê: “Die klaer het vir die polisie aangedui dat sy vir hulle sal wys waar die oortreder is.

“Hulle het na ’n sekuriteitskompleks op die hoek van Sandown Drive en Wood Street, Sandown Estate, gegaan waar die klaer ’n woonstel uitgewys het.”

Die polisie het by die betrokke adres aangeklop en navraag gedoen oor die oortreder se teenwoordigheid.

’n Manlike bewoner het gesê die ou was nie tuis nie. Die SAPD het toestemming gevra om in die woonstel in te gaan en het toe op die dagga afgekom.

Die dagga was in groot bokse, talle glasbakkies en ander houers verpak.

Twee verdagtes, ’n man (33) en sy vou (28), is gearresteer. Hulle sal vandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters