4 maande gelede
Botsing: Vyf beseer, een brand dood
bots: Die man in die voertuig is onherkenbaar verbrand. Foto’s: Wes-Kaapse verkeer  ~ 
Vlamme: Die taxi en ’n motor het kop teen kop gebots en aan die brand geslaan. FOTO: ER24
bots: Die man in die voertuig is onherkenbaar verbrand. Foto’s: Wes-Kaapse verkeer

SIR Lowryspas is gisteroggend gesluit ná ’n ernstige kop-teen-kop-botsing.

JP Smith, Kaapstad se burge­meestersko­miteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die ongeluk was tussen ’n minibus-taxi en ’n sedan-voertuig.

Albei voertuie het aan die brand geslaan.

“Alle noodpersoneel is op die toneel. Vyf mense is ernstig beseer,” volgens Smith.

Een persoon is in die ongeluk oorlede. Die pas was van gister­oggend in albei rigtings gesluit tot gistermiddag.

Die ongeluk het naby die skerp draai plaasgevind.

Onherkenbaar

Die vyf mense wat beseer is, was almal in die taxi en die oorledene in die kar.

Die man wat doodgebrand het in die voertuig, was onherkenbaar verbrand, het owerhede gister bevestig.

Die ER24-nooddienste het gesê die ongeluk het omstreeks 08:30 gister plaasgevind.

“Die bestuurder van die Polo kon nie betyds uit sy voertuig kom nie.

“Hy is op die toneel dood verklaar,” het Annine Siddall van ER24 gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters