2 maande gelede
Bokse, maar niks krag!
ESKOM: Bure se bokse word gebruik. Foto ter illustrasie:Media24  ~ 

INWONERS van ’n tydelike behuisingsarea in Wallacedene, Kraaifontein, is reeds vir maande sonder elektrisiteit gelaat weens foutiewe kragbokse wat deur Eskom geïnstalleer is, berig GroundUp.

Sommige inwoners gebruik kerse en paraffien, terwyl ander noodgedwonge hul drade aan hul bure se kragbokse koppel.

In sommige gevalle het inwoners kragbokse wat werk, maar kry nie hul gratis maandelikse elektrisiteit sedert die bokse geïnstalleer is nie.

Volgens Eskom is die hele area se elektrifisering afgehandel en is die laaste 38 kliënte se kragbokse op 30 April opgekoppel. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters