Verlede maand
Boelies takel onnie
seer: Riko Klein wys hoe hy in die sy geskop is. Foto:bohemia hoffmeester  ~ 
bebloed: Só het Riko Klein ná die aanval gelyk.
toe geslaan: Riko Klein kon skaars sien nadat hy glo deur die leerders aangeval is.FOTO’S Verskaf
oopgekloof: Riko Klein se kop is oopgeskop.
seer: Riko Klein wys hoe hy in die sy geskop is. Foto:bohemia hoffmeester

HY IS glo wreed deur vier leerders aangerand.

Maar nou is hy die een wat geskors is.

Dít is wat met Riko Klein van die Leiden Hoërskool in Delft gebeur het.

Klein sê hy is ’n gat in die kop geskop en ook herhaaldelik in die sy geskop.

By Son se besoek was Klein duidelik nog erg getraumatiseerd.

Hy is tans onder psigiatriese behandeling.

Volgens Klein is hy al sowat twee maande van die werk af oor die Wes-Kaapse departement van onderwys met die ondersoek sloer.

Klein het aan Son vertel hy het nie geweet wat hom tref toe hy op 24 Januarie deur die leerders aangeval is nie.

Klein vertel: “Ek was besig om klas te gee en twee van my leerders het laat in die klas aangekom.

“Ek het hulle aangespreek en gesê hulle moet sit en hul werk doen.

“Ek hoor toe harde musiek wat in die gang af kom.

“Toe ek weer sien, toe staan een van die geskorste leerders buitekant die klas.

“Ek sê toe vir hom hy hoort nie by die skool nie.

“Ek stoot toe die deur toe en hy stoot dit weer oop.

“Toe ek weer die deur toe stoot, stoot hy dit net weer oop.

“Hy sê toe vir my hoekom kap ek die deur teen sy gesig vas.

“Ek wou nog verduidelik, maar toe ek weer sien, begin die kind my te slaan.”

Klein sê toe hy hom weer kom kry, toe lê hy op die naat van sy rug.

Hy sê wat daarna gevolg het, was erg.

Hy verduidelik: “Ek probeer nog myself defend teen hierdie leerder en toe ek weer sien is sy vriende ook op my.

“Hulle begin skop en trap my.

“Die een skop toe teen my agterkop en ek voel net hoe die bloed begin loop.

“Ek het begin duiselig raak en het gedink dat ek hier weg sal moet kom.

“Toe ek na die juffrou se klas aan die oorkant hardloop, het sy my weer uitgesit oor sy bang was dat die ander kinders met die leerders sal baklei.

“Soos sy my uitstoot, kom die leerders vir my en hulle slaan my weer.”

Klein sê toe hy besluit om na die kantoor te vlug, het die leerders hom sowaar agterna gesit.

Klein sê hy was verbaas om te sien dat die skoolhoof, Victor Booi, geen belangstelling getoon het nie.

Volgens Klein was Booi meer bekommerd oor die leerders, al was hy erg bebloed.

Klein sê nadat hy deur die dokter afgeboek is en weer terug werk toe wou keer, het Booi glo dat die cops hom van die skool af verwyder.

Klein sê dit was nie lank daarna nie toe ontvang hy ’n e-pos van Booi wat sê dat hy aangekla word vir die aanranding op die geskorste leerder.

Klein sê hy verstaan die leerders wat saam geslaan het is nou almal getuies teen hom.

Paddy Attwell, woordvoerder van die WKOD, sê hulle het verskillende weergawes van die voorval gehoor.

Attwell sê dat hulle hierdie voorval verder sal ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters