5 maande gelede
Bloues krap dwelms uit vrou se moemf
Polisie het dwelms in 'n vrou se moemf gevind ter waarde van R850.  ~ 

‘n Beweerde dwelm sous is heterdaad betrap met herïoen in haar moemf.

Die 34-jarige vrou is met 17 eenhede van die dwelm betrap wat op in haar private dele gedruk is.

Lede van die Philippi polisiestasie, gelei deur bevelvoerder Kol. Dennis Ables, het Vrydag ‘n operasie teen 06:00 uitgevoer in Surdown Walk, Hanover Park.

Cops het ‘n huis in die straat binnegegaan en drie mense gevind.

Ables sê hulle het dadelik die vrou as ‘n bekende dwelm smous geïdentifiseer.

Polisie bronne glo die vrou is ‘n drug runner vir ‘n Americans bende baas.

Hy sê die cops het 17 eenhede van herïoen gevind wat in drie lae plastiek toegedraai is, met ‘n straatwaarde van R850.

Die vrou sal na verwagte Maandag ‘n verskyning in die Athlone landdroshof maak op aanklagte van die besit van dwelms. - iol.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters