5 dae gelede
Aanval op medic – 3 sit 12 jaar
 ~ 

DAN Plato, Wes-Kaapse minister van veiligheid en sekuriteit, verwelkom die tronkvonnis wat opgelê is vir die aanvallers van ’n paramedic.

Die voorval het op 5 Junie gebeur toe drie mans ’n vrou van Emergency Medical Staff (EMS) in Manenberg aangeval het.

Die drie het gister in die Wynberg-streekhof elk 12 jaar tronkstraf gekry.

Hulle het ná die aanval met haar foon, bankkaarte en karsleutels weggekom.

“Noodpersoneel bedien ons gemeenskappe. Ons bedank die gemeenskap van Manenberg vir die rol wat hulle gespeel het sodat die mans gearresteer kon word en van die gesteelde goed teruggekry kon word.”

Trauma

Nog ’n skurk is in Oktober ook 12 jaar tronk toe gepos oor hy ’n EMS-lid in Khayelitsha beroof het.

Plato sê dis belangrik dat howe sien watter impak dié misdaad op die verskaffing van nooddienste aan armer gemeenskappe het. Hy verwys ook na die trauma vir nooddiens-personeel.

Hy vra gemeenskappe se voortgesette steun, want “veiligheid is almal se verantwoordelikheid”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters