Verlede maand
14 beseer in botsing
 ~ 

‘n Botsing tussen ‘n taxi en motor op Somerset Hoofweg in Somerset Wes Woensdagoggend het 14 mense beseer gelaat.

Toe ER24 paramedici by die toneel opdaag het hulle ‘n vrou gekry in die motor lê terwyl 13 mense van die taxi op die toneel rond gestap het.

Paramedici het versigtig die vrou vanuit die kar gehelp en gevind dat sy slegs ligte beserings opgedoen het. Die 13 ander pasiënte is ook ondersoek en het net ligte beserings opgedoen.

Die pasiënte is na verskeie hospitale gestuur vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die botsing is nog onbekend maar plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters