8 dae gelede
Rampvaart eis 5 mense
Malawimeer  ~ 

BLANTYRE (Malawi). – Minstens vyf kerkgangers is dood nadat ’n oorvol houtboot met meer as 60 passasiers op die Malawimeer omgeslaan het.

Die kerkmense het van Paasvieringe teruggekeer toe die voorval Paassondag omstreeks 16:00 in die noordelike distrik Rumphi gebeur het.

Victor Khamisi, ’n polisiewoordvoerder, sê militêre personeel en vissers het teen Maandag 54 mense gered. Verskeie mense word nog vermis. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters