8 dae gelede
‘Profeet’ is in die sop oor tavern
 ~ 

SENWABARWANA. – ’n Profeet van dié dorpie in Limpopo en vier van sy kerklede is aangekla nadat hulle ’n tavern aangeval het.

Skote is gevuur en karre beskadig toe lede van die kerk in die Mokhurumela village mense aangeval het wat in die tavern gedrink het.

Hulle het die mense in die drinkplek daarvan beskuldig dat hulle die diens versteur.

Volgens die polisie is die verdagtes gearresteer en weens aanranding en beskadiging van eiendom aangekla.

Eienaars van taverns kla dat hulle onregverdig behandel word.

’n Verslaggewer van News24 het gesê dit het soos ’n oorlogsone gelyk toe die plek besoek is. Lt.kol. Moatshe Ngoep, ’n polisiewoordvoerder, het gesê beslag is gelê op drie vuurwapens van albei groepe.

“Die saak word steeds ondersoek en polisie patrolleer die area.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters