5 dae gelede
Pa, ouma in sop oor ‘gun’
 ~ 

PHILADELPHIA (Amerika). – Die pa en ouma van ’n meisie (3) is aangekla nadat die kind haarself Sondag hier in die been geskiet het.

Die kind het oorleef, maar kan haar been verloor.

Barbara McGill (64) is daarvan aangekla dat sy met bewyse gepeuter het omdat sy die gun glo wou wegsteek.

Die polisie sê Terrance Williams (25) het McGill gevra om die vuurwapen te bêre, maar sy’t dit in ’n oop kas gesit en gaan slaap. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters