4 dae gelede
Vroutjie net week lank ’n bruid
warm patat: Eva Siebrits (40), was net vir ’n week lank ’n bruid. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

MONTAGU. – Sy het ja gesê om ’n Somaliër se bruid te word, maar ná ’n week van die getroude lewe gooi die ou toe ’n lange.

Eva Siebrits (40), sê Ali Shabeen (45), het haar en hul laaitie (1) net so gelos.

“Ek en Ali het ’n jaar saam gewoon. Hy het ’n klein besigheid uit my Hop-huis bedryf.”

Siebrits sê alles het baie goed gegaan en Ali het haar altyd bederf.

Volgens Siebrits het Ali laas maand die groot vraag gevra. “Ek was skoon uit die veld geslaan en het sommer onmiddellik ja gesê.”

“ ’n Week ná die wedding het Ali soos ’n groot speld verdwyn.

“Hy het al die geld uit die bankrekening onttrek en is ook met van my persoonlike besittings weg.”

Siebrits vermoed nou dat hy net met haar getrou het om burgerskap te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters