2 maande gelede
‘Twee rape my’
wild: Die meisie wys hoe hulle haar gekrap het toe hulle haar klere uitgetrek het.  ~ 
stukkend: Die meisie word deur ’n vriend getroos. Foto’s: bohemia hoffmeester
wild: Die meisie wys hoe hulle haar gekrap het toe hulle haar klere uitgetrek het.

NOU is ARV’s haar voorland nadat twee lede van die Mobsters haar na bewering verkrag het.

Dié 19-jarige meisie is steeds erg getraumatiseer nadat sy Saterdagaand glo deur dié bekende mans in ’n hok verkrag is.

Albei het gister in die landdroshof in Grabouw op aanklagte van verkragting verskyn.

Volgens die skaam, tengerige meisie het sy Saterdagaand kort vóór die gebeure die hok se sleutel by haar boyfriend gaan haal.

Haar boyfriend was toe saam met die verdagtes en nog ander by ’n paartie.

Die meisie vertel: “Toe ek die sleutel gaan haal, het my boyfriend gesê ek moet net die skuif opsit.

“Dit was nie eens lank nie, toe kom soek sy tjommie hom daar.

“Ek het hom toe gesê dat my boy­friend nie daar is nie.

“Hy is toe daar weg en ek het nie weer die skuif opgesit nie.”

Die meisie sê toe sy weer sien, toe kom die twee Mobsters in en sit die lig af.

Al wat hulle aan haar gesê het, is dat sy haar mond moet hou en toe is haar broek uitgetrek, vertel die meisie.

“Die een het eers met my besig geraak terwyl die ander een my hande vasgehou het.

“Agterna toe sê die ander een hy wil ook ’n beurt hê.

“Daarna het hulle albei my in die hoek agter die deur vasgedruk en besig met my geraak.”

Die meisie sê sy het toe begin skreeu, maar niemand het haar gehoor nie.

Eers ná ’n rukkie het ’n neighbour ’n klip op die dak gegooi toe hy agter kom wat aan die gebeur is.

“My boyfriend se tjommie het toe ook daar aangekom, maar weer teruggedraai oor hy gesê het hy nie betrokke wil raak nie.

“Dit was nie lank nie toe kom my boyfriend ook daar aan. Hy self was bang en het toe net vir hulle gesê dis orraait.

“Hy het toe die deur gesluit en ons het uit gehardloop.

“Hulle het toe by die venster uitgespring.”

Die meisie sê sy en haar boyfriend is onmiddellik polisiestasie toe en die cops het hulle toe dadelik vasgetrap.

Die meisie sê hoewel die verdagtes eers kondome gebruik het, het hulle dit agterna afgehaal.

Sy sê sy is gelukkig dat sy geen siektes opgedoen het nie, al moet sy nou ARV’s gebruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters